Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie

Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie

... die tuiste vir kampeerders en natuurliefhebbers sedert 1969

Die Suid - Afrikaanse Woonwa Assosiasie of SAWA, in kort, is ʼn vriendekring van mense wat die kamplewe en die natuur geniet. SAWA het van sy ontstaan in 1969 homself as een van die suksesvolste kampeerklubs in Suid - Afrika onderskei. Met streke wat regoor die land strek, wat op ʼn gereelde basis kamp, toer en kuier, is daar meer as genoeg geleenthede om jou woonwa, tent, veld-wa of motor home na volle waarde te gebruik. SAWA het oor die jare heen tot ʼn goed gestruktureerde organisasie, met ʼn Missie en ʼn Waarde-stelsel, ontwikkel.

Wie en wat is SAWA?

SAWA is ʼn Afrikaans georiënteerde organisasie met ʼn Christelike grondslag wat die woonwalewe onder gesinne wil bevorder.
SAWA is so goed soos familie, ʼn landswye familiekring.

SAWA se ontstaan

Op 26 Julie 1969 het veertien persone (dertien mans en een vrou) ʼn vergadering in Nigel gehou.  ʼn Tussentydse komitee is aangewys met as eerste opdragte onder andere die opstel van ʼn grondwet en die verkryging van ʼn naam vir die nuwe vereniging.

SAWA strukture

Die baanbrekers en stigters van SAWA het hul huiswerk deeglik gedoen en ʼn grondwet daar gestel wat: (1) sorg dat SAWA deur sy lede bestuur word; en (2) toesien dat hierdie proses ordelik geskied.

Leef en laat Leef

Mense wat kampeer het elkeen sy voorkeure. Dis duidelik as daar na die briewekolomme en forums van buitelewe tydskrifte en webwerwe gekyk word.

Presidentesaamtrek

SAWA se Presidentesaamtrek vind jaarliks oor Paasnaweek plaas. Dit is ons enigste werklike nasionale saamtrek en alle Sawanante word aangemoedig om van regoor die land te kom meedoen aan die aktiwiteite.

SAWA se eerste 40 jaar

SAWA se eerste veertig jaar kan met ‘n fakkelloop vergelyk word wat met ‘n gebed op daardie Saterdagmiddag, 11 Oktober 1969, in Springs begin het.  Die eerste fase van die wedloop sou die pioniersjare wees ...

Nasionale Besluiteregister

Besluite wat hier ter sprake is, is besluite wat geneem is deur SAWA se nasionale vergaderings: die Kongres, Nasionale Uitvoerende Bestuur en Nasionale Dagbestuur.